Liezel de Jager se man vir haar moord aangekla

Die man van die NG Kerk Suidkus-predikant Liezel de Jager is amptelik van haar moord aangekla. Werner de Jager het gister in die Amanzimtoti-landdroshof in KwaZulu-Natal verskyn waar die saak tot die sewende van volgende maand uitgestel is. Die 38-jarige De Jager is verwurg en haar lyk is in Oktober 2021 in die oprit van haar huis in Amanzimtoti gevind. Ian Cameron van Action Society sê hulle hoop geregtigheid geskied en dat die hofproses vinnig afgehandel word: