Oubaas Murdoch, 92, trou vyfde keer

Die mediamagnaat Rupert Murdoch het aangekondig hy het verloof geraak aan sy lewensmaat Ann Lesley Smith, ‘n voormalige polisiekapelaan. Dit is die vyfde huwelik vir die 92-jarige Australies-gebore media-eienaar en hy sê dit is sy laaste. Hy het in Augustus amptelik van sy vierde vrou, Jerry Hall, geskei. Die Amerikaanse model was die lewensmaat van die Rolling Stones se hooflid, Mick Jagger. Die ses-en-sestigjarige Smith is ‘n weduwee. Murdoch se nuusmedia sluit in The Australian, The Times in die VK en Fox News in Amerika. Fox word op die oomblik deur Dominion vir 1,6 miljard Amerikaanse dollar gedagvaar oor fopnuus oor die 2020-verkiesing en sy stemmasjiene.