Ou bande word petrol in Zambië

Die gebruikte bande en plastiekhouers wat die agterstrate van stede en dorpe in Zambië bemors, is rommel vir almal, maar vir een maatskappy is dit ook ‘n geleentheid om brandstof te maak wat die land se energie-invoerrekening kan verminder terwyl hy skoongemaak word. Die projek deur Zambië se Central African Renewable Energy-korporasie verwerk tans 1,5 ton afval om 600 tot 700 liter diesel en petrol per dag te vervaardig. Dit is dalk ‘n druppel in die meer van die land se jaarlikse 1,4 miljard Amerikaanse dollar brandstof invoerrekening, maar dis ‘n begin. Plastiek en rubber word gemaak van lang kettings van koolsuur waterstowwe wat verhit kan word en afgebreek kan word tot iets wat soos ru-olie lyk – wat, in die geval van plastiek en sintetiese rubber, presies dit was om mee te begin.