Otjozondjupa werk hard vir komende plantseisoen

Voedselsekuriteit bly ‘n groot uitdaging in Namibië en dit is deels te wyte aan die laks benadering om die landbousektor tot sy volle potensiaal te ontwikkel. Selfs in streke soos die Zambezi en Kavango waar riviere en vrugbare grond is, slaag dié streke nie daarin om die broodmandjie van die land te word nie. Tans is Namibië se broodmandjie die Otjozondjupa-streek. Die goewerneur, James Uerikua, sê voorbereidings vir die plantseisoen word gedoen.