Otjozondjupa se nooddienswerkers staak vir oortydbetalings

Nooddienswerkers in die Otjozondjupa-streek staak. Plaaslike media berig dat die werkers reeds Maandag kennis van die aksie gegee het maar, het nog nie van hulle seniors enige antwoord ontvang nie. Hulle sê hulle word gedwing om lang ure, na ure, te werk en ontvang geen oortydbetaling daarvoor nie. Volgens die groep, is die kwessie deur die streek se owerhede reeds aan nasionale owerhede gestuur maar, geen reaksie is tot op hede ontvang nie. Oortydbetalings is sedert Oktober verlede jaar nog nie gedoen nie. Daar is kommer in die streek omdat inwoners wat die dienste van die noodwerkers na ure nodig het, geen bystand sal ontvang nie.