Otjozondjupa-landbouers is bekommerd

Reënval in die Otjozondjupa-streek is nog nie na wense nie, veral met die plant van mielies wat op hande is. Oudergewoonte, op die Kaisersgeburtstag, 25 Januarie, volgende jaar moet die aanplantings al gedoen wees sodat daar in Mei ge-oes kan word. In terme van weiding in die streek, sê die goewerneur James Uerika die toestande is sleg en beeste is aan die vrek. Uerika het ook aan Kosmos 94.1 Nuus gesê droogtehulp word reeds uitgedeel.