Gaza: Biden het net drie opsies

Hamas sê Palestynse groepe verwerp die idee dat nog gyselaars vrygelaat word voordat Israel instem om die oorlog in Gaza te beëindig. Israel het herhaaldelik geweier dat ʼn permanente skietstilstand ingestel word en sê as die oorlog beëindig word voor Hamas uitgewis is, beteken dit mislukking. Die VN-veiligheidsraad gaan weer stem oor dringende humanitêre onderbrekings in Gaza nadat die vorige stemmery Donderdag weer uitgestel is. Intussen neem druk op die Amerikaanse regering toe oor sy volgehoude ondersteuning van Israel veral met die menseregte-katastrofe wat hom in Gaza uitspeel. David Aaron Miller, oud-Amerikaanse bemiddelaar vir die Midde-Ooste sê die Amerikaanse regering het drie opsies…