Otjiwarongo-skole se water loop weer

Die watertoevoer van 12 skole by Otjiwarongo wat Dinsdag deur die Otjiwarongo-munisipaliteit afgesny is weens wanbetaling, is heraangesluit nadat die onderwysministerie belowe het om 600 000 Namibiese dollar teen môre te betaal. Otjiwarongo se burgemeester, Gottlieb Shivute, het vandag die belofte bevestig en bygevoeg dat die onderwysministerie die munisipaliteit meer as 1,6 miljoen Namibiese dollar skuld. Hy sê dat inwoners, staatsministeries en verskeie besighede die munisipaliteit meer as 54 miljoen dollar skuld.