Oshikuku-dorpsraad verduidelik standpunt oor nie-roerende bate

Die Oshikuku-dorpsraad het ‘n kennisgewing uitgereik ingevolge die Wet op Plaaslike Owerhede dat die raad van voornemens is om by wyse van ‘n privaat ooreenkoms nie-roerende eiendom aan 39 aansoekers te verkoop. Lukas Amushembe, hoof uitvoerende beampte het die redes vir die besluit aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik.