Oshikoto se begroting van N$93 miljoen goedgekeur

Die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling het ‘n begroting van 93 miljoen Namibiese dollar vir die Oshikoto-streekraad vir die boekjaar 2022/23 goedgekeur. Die begroting is tydens ‘n raadsvergadering in Mei ter tafel gelê en moes wag op magtiging deur die lynministerie. Petrus Nehale, die woordvoerder van Oshikoto, sê die grootste gedeelte van die begroting – 21 miljoen dollar – gaan na kapitaalprojekte en landelike ontwikkeling. Dit sluit ‘n bedrag van 16 miljoen Namibiese dollar in vir die konstruksie van die tweede fase van die Guinas-kiesafdelingskantoor by Tsintsabis wat die administrasie van die nedersetting sal huisves.