Meer as R5 miljard se behuisingsprojekte in Wes-Kaap gestaak

Die DA in die Wes-Kaap sê meer as 5 miljard Suid-Afrikaanse rand se behuisingsprojekte in die provinsie is in die afgelope vyf boekjare gestaak. Die LUR vir infrastruktuur, Tertuis Simmers, het dit in die wetgewer onthul op ‘n vraag van die party. Matlhodi Maseko van die DA sê hierdie projekte is hoofsaaklik gestaak weens ‘n kombinasie van misdadige bedrywighede, grondbesettings en moeilike gemeenskaps-dinamika wat die hele samelewing se benadering verg.