Osaka is ook uit by Wimbledon – besering

Wimbledon het nog ‘n groot naam verloor ná die voormalige wêreld-nommer-een-speler, Naomi Osaka, weens ‘n enkelbesering onttrek het. Die 24-jarige Japanese speler het reeds oorweeg om nie te speel nie oor die ATP en WTA se besluit om Wimbledon van sy punteleer te verwyder. Dit volg na die All England Club se verbod op Russiese en Belarussiese-spelers in reaksie op die inval in Oekraïne. Osaka kon nog nooit verder as die derde ronde op Wimbledon vorder nie.