Oranjemund se boeke reeds chaoties, twee jaar na oorname

Die ouditeur-generaal Junias Kandjeke sê daar is geen aanspreeklikheid by die Oranjemund-dorpsraad nie. Hy het die oudit vir die 2020-21 boekjaar voltooi en ‘n nadelige oudit-opinie uitgespreek. Hy sê die state weerspieël nie die finansiële posisie van die dorpsraad nie. Sy kantoor kan ook nie debiteure van meer as 14 miljoen Namibiese dollar in 2020 en 18 miljoen dollar in 2021 verifieer nie omdat boekhouding nie gedoen is nie. Voorrade en goedere ter waarde 2 miljoen dollar in 2020 kon ook nie bevestig word nie. Daar is talle ander uitdagings met die dorp se boeke wat eiendom van 59 miljoen dollar in 2020 en 48 miljoen dollar in 2021 wat nie bevestig kon word nie, insluit. De Beers het Oranjemund oorhandig op 25 Junie 2018 en toe het die ‘n amptelike dorp geword.