Oranjemund-dorpsraad en Namdeb ontluit dooiepunt oor verkoop van eiendomme

Die Oranjemund-dorpsraad en Namdeb het aangekondig beide partye het gesamentlik die dooiepunt op die verkoop van eiendomme in Oranjemund ontsluit. Dit is ‘n mylpaal wat bereik is, aangesien beide partye die skikkingsooreenkoms onderteken het. Die dispuut is vriendskaplik opgelos tot voordeel van die gemeenskap en sy belanghebbendes.