Opvolginentings vir 500-duisend Suid-Afrikaanse gesondheidswerkers begin môre

Die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid gaan môre begin met die opvolg-inenting van 500-duisend gesondheidswerkers. Hulle sal die Johnson en Johnson-entstof ontvang. Die werkers het almal deelgeneem aan die Sisonke-studie aan die begin van die jaar. Die inentings bied beskerming teen ernstige siektes en kan selfs sterfte weens Covid-19 keer. Die departement sê hy sal aankondig wanneer ander Suid-Afrikaners in aanmerking kom vir die opvolg-inenting.