Opul vergader, daar’s geen hoop vir hoër produksie nie

Opul en sy vennote vergader tans maar kenners meen dat ‘n groot beleidsverandering hierdie maand onwaarskynlik is. Tydens sy laaste byeenkoms vroeg in Junie het die groep besluit om uitset elke maand met 648 000 vate per dag in Julie en Augustus te verhoog, vergeleke met ‘n vorige plan om 432 000 vate daagliks  oor drie maande by te voeg. Rusland vorm deel van die groep olieprodusente. Pryse het die hoogste vlakke bereik sedert die rekordvlakke van 2008 nadat die Weste sanksies teen Rusland ingestel het oor sy inval in die Oekraïne. Die Amerikaanse President Joe Biden sal volgende maand na die Midde-Ooste reis, insluitend Saoedi-Arabië, en daar word algemeen verwag hy sal druk op Riyadh plaas om produksie te verhoog.