Eskom bied 7% verhoging aan

Eskom het werknemers na berig word ʼn loonverhoging van 7 persent aangebied, nadat van die maatskappy se opwekkings-eenhede tydens die onwettige staking uit diens gestel moes word. Volgens kenners het die nywerheidsoptrede Suid-Afrika in die ergste verduistering sedert 2019 gedompel. Eskom-woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, sê intussen as gevolg van die onwettige staking, moes roetine-instandhoudingswerk uitgestel word. Hy sê hierdie agterstand sal dae tot weke neem om in te haal, en daarom sal beurtkrag voortgaan, met fase vier wat reeds ingestel is en duur tot middernag vanaand: