Opul pas voorspellings na olie-vraag afwaarts aan

Die groep van olieproduserende lande, Opul, het sy voorspellings vir vraag na olie vanjaar afwaarts aangepas. In sy maandelikse verslag sê Opul dat vraag met ongeveer 160 000 vate daagliks afgeneem het na ‘n totaal van 96,4 miljoen vate daagliks. Vraag het veral afgeneem in lande soos China en Indië in die derde kwartaal en as gevolg van die skerp styging in die prys in die vierde kwartaal. Opul sê vraag sal weer styg tot 100,6 miljoen vate daagliks in 2022, ongeveer 500 000 vate daagliks meer as in 2019.