Opul-ooreenkoms met Afrika-produsente is naby

Opul het volgens Reuters nader aan ’n ooreenkoms met Afrika-olieprodusente oor 2024-uitsetvlakke beweeg. Die onenigheid in produksie op die vasteland het die groep olieproduserende lande gedwing het om ’n sleutelvergadering uit te stel. Opul-lede Angola en Nigerië mik na ‘n hoër olie-uitsettoelaag volgens bronne. Die uitstel van die vergadering van Sondag tot 30 November het oliepryse skerp laat daal maar dit het sedertdien effe herstel met Brent-ruoliepryse wat vanoggend net onder 80 Amerikaanse dollar per vat verhandel. Daar word berig dat ‘n ooreenkoms naby is.