Besige feestyd by Namport, 22 vaartuie kom kuier

Namport sal sowat 22 passasiersvaartskepe verwelkom gedurende die komende feestyd. Die vaartuie sal by beide Walvisbaai en Lüderitz aandoen met 15 wat in Walvisbaai sal meer en sewe in die Lüderitz-hawe. Die eerste vaartuig is die Italiaanse MS Aidaaura wat 10 November aankom en die laaste vaartuig, die MS Norwegian Jade sal op 31 Desember in Walvisbaai aankom. In ‘n mediaverklaring deur Namport se uitvoerende hoof vir kommersiële dienste, Elias Mwenyo, sê hy die besoeke dra baie by tot die ekonomie aan die kus en bemark Namibië as toerismebestemming.