Optrede van groep veterane in Suid-Afrika veroordeel

Die Suid-Afrikaanse Parlement se portefeuljekomitee oor verdediging en militêre veterane het die optrede van ‘n groep veterane in Tshwane veroordeel. Dit het tot ‘n voorval Donderdagaand ná ‘n vergadering by ‘n hotel gelei waar die minister in die Presidensie, Mondli Gungubele, die minister van Verdediging, Thandi Modise, en haar adjunk, Thabang Makwetla, betrokke was. Die voorsitter van die komitee, Cyril Xaba, sê hoewel hulle bewus is van die uitdagings wat militêre veteran in die buurland in die gesig staar, bly hulle steeds onomwonde gekant teen dwang en geweld.