Internasionale Dag vir Armoede-uitwissing word Sondag gevier

Môre word die Internasionale Dag vir Armoede-uitwissing by die VN Plaza in Katuturua in die hoofstad gehou. Verrigtinge vind die middag van twaalf-uur af tot drie-uur plaas.Daar gaan ook ‘n optog van twee punte in Katutura, Soweto Market en Groot Winkels, langs Onafhanklikheidsrylaan gehou word.Die hoogtepunt van die vierings is die bekendstelling van die burgerlike samelewing se manifes vir armoede-uitwissing.