Optrede kom teen konstruksie-mafia in SA

Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur in Suid-Afrika, Sihle Zikalala, het gewaarsku die ANC-regering sal beslissende stappe doen teen die konstruksie-mafia wat regerings-bouprojekte ontwrig. Lede van die groep is bekend daarvoor dat hulle persele binnedring en ‘n aandeel in die projek se wins eis. Volgens Zikalala het sulke optrede kommer onder konstruksie-ondernemings veroorsaak, en vrese bestaan die regering doen nie genoeg om die afpersing te voorkom nie: