Optogte in SA oor Shell se seismiese opname, geen herrie in Nam oor aflandige boorwerk

In Suid-Afrika is protesoptogte en hofsake oor Shell se seismiese opnames langs die Wildekus. In Namibië is daar geen haan te kraai oor Namcor, wat saam met sy eksplorasievennote Impact Oil & Gas, TotalEnergies EP Namibia en QatarEnergy, begin met die boor-operasie, genaamd ‘spudding’, van die Venus – 1X eksplorasieput aflandig in die Atlantiese Oseaan langs die Namibiese kus. ‘Spudding’ is die term wat gebruik word wanneer die werklike boor-operasie van ‘n put begin het. Siraj Ahmed, uitvoerende hoof van Impact, sê die put word sedert 2014 voorberei. Dit beteken die seismiese opnames is reeds gedoen. Matt Totten, ‘n kenner op die gebied van olie- en gas-eksplorasie, sê die Namibiese regering het nog altyd daarop gefokus om olie- en gasmaatskappye na die land te bring. Hy sê aan Kosmos 94.1 Nuus dit is hartseer, want daar is veranderinge in die energie-sektor.