Optog môre vir gelykheid in huwelike

Die LGBTQ-gemeenskap is verheug oor die tuiskoms van die Lühl-Delgado tweeling vanuit Suid-Afrika maar meen gelykheid is steeds ‘n stryd in Namibië. Die Namibia Equal Rights Movement sal môre ‘n protesoptog hou by die Hoërhof in die hoofstad wanneer ‘n saak van ‘n huwelik van ‘n paartjie van dieselfde geslag voorkom. Omar van Reenen, stigter van die beweging sê die optog handel oor gelykheid in huwelike…