Opstand teen armoede wat gesinne verwoes

Die Namibian People Against Poverty-organisasie het ‘n vreedsame betoging in Otavi gehou om aandag te vestig op hul toestande van erge. Die organisasie sê hy het sowat 25 000 lede landwyd, van wie 40 vanjaar selfmoord gepleeg het. Die groep se woordvoerder, Fransina Haufiku, sê die selfmoorde hou verband met armoedeverwante aangeleenthede. Maatskaplike aktivis Rosa Namises sê armoede breek gesinne in Namibië.