Opsommings vir LP’s uitstekende idee

Dit is ‘n goeie idee van lede van die Nasionale Vergadering wat vra dat hulle opsommings saam met wetsontwerpe ontvang voor dit in die parlement bespreek moet word. Beide Maureen Hinda-Mbuende van Swapo en Vipuakuje Muharukua van die PDM sê dit sal lede bystaan om vinniger die doel en logika van die dokumente te verstaan. Die huis is baie agter in sy werksaamhede en volgens plaaslike berigte moet daar 71 stukke wetgewing wat of verouderd is of diskrimineer, teruggetrek word. Frederico Links, ‘n navorser by die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing sê dit moet dringend geïmplementeer moet word.