Meer bouplanne in September, maar minder geld bestee

IJG Sekuriteite in die hoofstad sê 237 bouplanne is deur Stad Windhoek in September goedgekeur, 2,2 persent hoër as die 232 wat in Augustus goedgekeur is. Die waarde van die planne staan op 149,4 miljoen Namibiese dollar, 34 persent minder as die 226,3 miljoen dollar in Augustus. Sedert die begin van die jaar is 1 904 bouplanne ter waarde van 1,41 miljard dollar goedgekeur. Dit verteenwoordig ‘n 4,7 persent toename teenoor dieselfde tydperk verlede jaar.  Die makelaarsfirma sê 86 bouplanne ter waarde van 107,5 miljoen dollar is in September voltooi.