Oprah loof visekanselier van UCT

Oprah Winfrey het die Universiteit van Kaapstad se visekanselier, Mamokgethi Phakeng, geluk gewens met haar Afrika-onderwysmedalje. Sy is gekies uit tien deelnemers van reg oor die vasteland, insluitend die gewese president van Tanzanië, Jakaya Kikwete. Phakeng is onder die wêreld se voorste vakkundiges in wiskunde-onderrig en het in 2002 die eerste swart Suid-Afrikaanse vrou geword wat ‘n doktorsgraad in wiskunde-onderrig ontvang. Winfrey sê niemand verdien hierdie medalje meer as Phakeng nie: