Opposisie onbeïndruk met verkiesingskommissie

Opposisie-partye is nie beïndruk met die nuus dat 117 skootrekenaars by die Verkiesingskommissie gesteel is nie. Plaaslike media berig dat die sekretaris van die Independent Patriots for Change Christine !Auchamus eis dat ‘n vergadering van rolspelers en belanghebbendes gehou moet word om die kwessie te bespreek. Sy sê die party ag dit as ‘n sekuriteitsbreuk en vra op dit dalk gesteel is om die uitslae van die 2019-stemmery uit te vee. Die IPC-party het aantygings van peutery met stemme in die daardie verkiesings gemaak. Die PDM-party se president, McHenry Venaani sê die integriteit van die kommissie moet nou bevraagteken word. Hy vra as hulle nie skootrekenaars kan beskerm nie hoe moet hulle stemme beskerm?