Gemengde energie die oplossing vir kragkrisis – Cyril

President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika se toegang tot gemengde energie kan help om die energiekrisis hok te slaan en ʼn oormatige afhanklikheid van steenkool-kragstasies verminder. Hy het ʼn vergadering van die ANC se provinsiale uitvoerende komitee in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal toegespreek. Ramaphosa sê die historiese besluite wat ‘n gebrek aan instandhouding meegebring het, het tot beurtkrag gelei. Volgens Ramaphosa word na Afrika-lande gekyk om die land by te staan: