Opperhoof sê sy voertuig is by hom, en hy IS die opperhoof

Berigte lui dat die Namibiese regering nie erkenning aan die opperhoof van die Ovaherero, professor Matjinde Katjiua, gee nie. Dit volg na die voorsitter van die volk se raad, Vipua Kapuuo, gesê het dat die stemproses wat Katjiua verkies het, nie korrek gevolg is nie. Daar word berig dat die ministerie van landelike ontwikkeling Katjiua se amptelike voertuig opeis maar Katjiua sê die voertuig is steeds by hom. Hy het die jongste so aan Kosmos 94.1 Nuus verwoord.