Oppenheimer kry 13 Oscar-benoemings

Christopher Nolan se atoom-biorolprent Oppenheimer het 13 Oscar-benoemings ontvang, ondermeer as beste rolprent en beste akteur in ‘n hoofrol vir Cillian Murphy. Die fantasiefilm Poor Things het elf benoemings ontvang, met tien vir Martin Scorsese se drama Killers of the Flower Moon. Barbie is vir agt toekennings genomineer. Lily Gladstone is benoem as beste aktrise in ‘n hoofrol vir Killers of the Flower Moon, en is die eerste inheemse Amerikaanse aktrise ooit wat vir hierdie toekenning oorweeg sal word. Die Oscars vind op 10 Maart plaas, en word deur Jimmy Kimmel aangebied.