Oppenheimer, Barbie lei weer benoemings

Die rolprente Oppenheimer en Barbie loop voor met benoemings vir die 30ste Screen Actors Guild-toekennings. Albei het vier benoemings ontvang, insluitend vir beste toneelspel deur ʼn rolverdeling in ʼn rolprent. Succession met hulle vyf het die meeste televisiebenoemings ontvang gevolg deur Ted Lasso, The Bear en The Last of Us. Akteurs wat benoem is, sluit in Margot Robbie vir Barbie, Bradley Cooper vir Maestro en Emma Stone vir Poor Things. Die SAG-toekennings word op 24 Februarie vir die eerste keer ooit wêreldwyd regstreeks op Netflix gestroom.