‘Oppas vir onwettige mikro-uitleners’
Lede van die publiek moet ophou om geld te leen by ongeregistreerde mikro-uitleners wat hul vra om hul bankkaarte, PIN-nommers en vertroulike persoonlike inligting te oorhandig, waarsku Namfisa. Die owerheid het op ‘n vergadering oor deursigtigheid in die mikro-finansiering-industrie gesê dit is onwettig om kliënte se bankkaarte en PIN-nommers te besit. Kliënte het die volste reg om op uitleners se registrasie-dokumente aan te dring, sodat hulle kan verifieer of die uitlener wettig is. Mense moet ook nie skuld aangaan wanneer hulle sieklik is en hoop dit sal afgeskryf word weens onbevoegdheid nie, het die owerheid gesê.