Opod: Moordverslag van bendegeweld-speurder geklassifiseer

Die Onafhanklike Polisie Ondersoek-direktoraat sê sy verslag oor die moord op die eenheid teen bendegeweld-speurder, Charl Kinnear, is geklassifiseer, omdat senior polisie-beamptes geïmpliseer word. Die polisie-waghond was veronderstel om Vrydag lede van die parlement oor die saak in te lig. Sommige LP’s het beswaar gemaak en aangedring op deursigtigheid met die ondersoek. Kinnear is in 2020 voor sy huis in Bishop Lavis in Kaapstad doodgeskiet, maar niemand het nog in verband met sy moord aan die pen gery nie. Opod se uitvoerende direkteur, Jennifer Ntlatseng, het bevestig senior polisie-amptenare word by die sluipmoord betrek.