Kinders die armste in Namibië

Volgens ‘n onlangse Wêreldbank-verslag leef 1,5 miljoen van Namibiërs, of te wel 64 persent, in armoede. Armoede-vlakke in Namibië het die afgelope paar jaar ‘n humanitêre krisis geword. Die Basiese Inkomste-toelaag Koalisie, bekend as Big, sê iets moet dringend gedoen word deur ‘n toelaag van 500 Namibiese dollar per persoon per maand vir alle Namibiërs te implementeer. Volgens ‘n verslag van Unicef is voedselsekerheid en voedingstatus die twee groot drywers van kinder-armoede in Namibië. Namibiese kinders ervaar buitensporig hoër vlakke van armoede. Gemiddeld leef 51,3 persent van die kinders tussen die ouderdomme van 0 en 17 jaar in armoede, vergeleke met 37,4 persent van volwassenes en die nasionale gemiddeld van 43,3 persent.