Opname toon meerderheid huishulpe is enigste broodwinners

‘n Opname in die buurland het getoon ten minste 79 persent van huishulpe is die enigste broodwinners in hul huishoudings. Die studie het ook bevind 64 persent van hulle is enkelma’s. ‘n Somber prentjie is oor die algemeen geskets oor wat huishulpe werklik in die gesig staar tydens die huidige ekonomiese klimaat. Die gemiddelde inkomste van huishulpe is tussen drie en vier duisend Suid-Afrikaanse per maand. Die studie toon nadat hulle maandelikse lewenskoste om in ag geneem is, is daar gemiddeld slegs 684 rand se besteebare inkomste wat oorbly. Tim Parkhouse, die voormalige sekretaris-generaal van die Namibiese Werkgewersvereniging sê aan Kosmos 94.1 Nuus ‘n soortgelyke opname is in Namibië gedoen.