Oplewing in cholera met 1 miljard wat risiko loop
Die Verenigde Nasies waarsku die wêreld staar ‘n akute oplewing van die cholera-pandemie in die gesig. Volgens die VN se Internasionale Kinder-noodfonds is daar ‘n risiko dat meer as 1 miljard mense cholera kan opdoen. Die direkteur-generaal van die Wêreld-gesondheidsorganisasie, Tedros Ghebreyesus, sê 43 lande is in gevaar, met meer as 20 lande wat tans ‘n uitbreking beleef. In Malawi is 1 700 mense aan cholera dood. Ghebreyesus voeg by die agteruitgang in humanitêre hulp het gelei tot ‘n toename in cholera-gevalle: