Opleidingsbeamptes, opgelei

SMEs Compete het in die laaste week van Desember ‘n projek wat oor die afgelope twee jaar geloop het en meer as 110 openbare amptenare by verskeie ministeries en streek- en dorpsrade opgelei het, afgehandel. Opleidingstoerusting, wat projektors, blaaiborde en ander toerusting insluit, is aan die amptenare oorhandig. Die projek, wat in samewerking met die Duitse ontwikkelingsgemeenskap, die GIZ, uitgevoer is, het opleidingsbeamptes opgelei. Die program is deur SMEs Compete ontwikkel en in al 14 streke van die land geïmplementeer. Die doel is om beter opleiding te kan bied om sodoende beter vaardighede te kan skep en dienslewering en bestuur te verbeter.