Kosmos 94.1 se ruimte-foto van die week.

Hier wys die James Webb-ruimteteleskoop die geboortes van sterre soos dit nog nooit vantevore gesien is nie, vol van gedetailleerde en impressionistiese teksture. Die onderwerp is die “Rho Ophiuchi” wolkkompleks, wat die naaste stervormende streek aan die aarde is. Dit is ‘n betreklik klein en stil sterre-kwekery, met strale wat vanaf jong sterre uitskiet. Die […]

Read More

Wie is so lief vir pannekoek?

In Tennessee word pannekoek-liefhebbers se drome waar in die Pannekoek-huis. As jy in die huis instap van Eggo, meestal bekend vir hul wafels, bied die pannekoek-verblyf vir jou sagte pannekoekbeddens, poefs, en gaste kan die pannekoekbelaaide kelder-speletjieskamer geniet. Smul aan pannekoek terwyl jy die pragtige uitsig van die Great Smoky Mountains indrink. Die hut is […]

Read More

Kietsies reis die wêreld vol

Party van ons was jare laas op ‘n lekker vakansie. Besig wees is mos deesdae ‘n leefstyl. En dan is daar ander mense wat die wêreld vol reis en sommer ook hul troeteldiere op vakansies na Parys, New York en Florida in die VSA saam neem. Olivia en Dan is so kat behep dat hulle […]

Read More

50 jaar, 34 000 burgers, en die oompie eet steeds voort…

‘n McDonald’s-liefhebber het sy eie Guinness-wêreldrekord vir die meeste Big Macs wat in ‘n leeftyd geëet is, verder opgestoot – tot meer as 34 000. Don Gorske sê hy het mense verras deur sy mylpaal 70ste verjaardag te bereik, ondanks sy 50-jaarlange gewoonte. In ‘n stadium het die Amerikaner nege hamburgers per dag geëet voordat […]

Read More

‘n Marmot is verlate by ‘n Londense-metrostasie gevind met ‘n briefie

DiscoPig, vermoedelik tussen ses en 12 maande oud, is in ‘n hok gevind met ‘n briefie wat sê: “Ek het ‘n nuwe eienaar nodig.” Die marmot is ontdek in ‘n hok in ‘n deel van Canning Town-stasie, in die ooste van Londen, wat geen kringtelevisie gebruik nie. Die dierebeskermingsagentskap sê DiscoPig is gered en sal […]

Read More

Hier is die jongste kos-neigings wat jou oudword-proses kan vertraag

Volgens die gesondheid- en welstand-kleinhandelaar, Holland & Barrett se “Wellness Trends Report” vir 2024, lê die sleutel tot ‘n jeugdige voorkoms in jou bord kos. Navorsing dui daarop dat sekere kosse en drank wonders kan doen vir ons vel en ligaam, wat ons help om tyd terug te draai en ‘n jeugdige gloed te verseker. […]

Read More

Beplan jy ‘n troue? Dis hoeveel tyd jy nodig het

’n Moderne troue neem 528 uur, of 22 volle dae, om te beplan, volgens ’n nuwe studie. Navorsing wat gedoen is  oor die gedrag en gewoontes van 2 000 Amerikaners wat die afgelope jaar getroud is, het bevind dat die gemiddelde verloofde Amerikaner vir 11 maande – of 44 weke – in troubeplanningsmodus sal wees […]

Read More

9-bladsy “dress code” handleiding vir dié troue…

Anant Ambani gaan trou, en sy pa – Asië se rykste man, Mukesh Ambani – ontsien geen koste om die huweliksfees te vier nie. As die voorsitter van die Fortune 500-maatskappy Reliance Industries, het Ambani Sr. geraamde netto waarde van US$111 miljard, volgens Bloomberg se Billionaires-indeks. Dit maak hom die rykste persoon in Asië en […]

Read More

‘n Kraak wat deur Afrika vorm kan die vasteland in twee verdeel

Wetenskaplikes waarsku dat ‘n massiewe kraak of skeur wat deur Afrika vorm, die vasteland in twee sal verdeel en die aarde se sesde oseaan sal vorm. Lande langs die suidoostelike kus sal glo ‘n reuse-eiland word, wat ‘n nuwe see van Ethiopië tot Mosambiek kan skep. Die sogenaamde Oos-Afrikaanse-skeur het ten minste 22 miljoen jaar […]

Read More

Kosmos 94.1 se ruimte-foto van die week

Kosmos 94.1 se ruimte-foto van die week. Die Carina-newel is ‘n ontsaglike groot wolk van gas en stof waar ‘n maalstroom van stergeboortes en -sterftes plaasvind. Die newel is ‘n geskatte 7 500 ligjare weg van ons en is in die suidelike sterrebeeld “Carina die Kiel” geleë. “Mystic Mountain” is die term vir ‘n stof-gas-pilaar […]

Read More