Opgeleides in wynbedryf kry werk

Gegradueerdes in Keldertegnologie aan die Elsenburg-kollege in die Wes-Kaap het uitstekend gevaar en word toenemend in die wynbedryf in diens geneem. ‘n DA-lid van die Wetgewer, Andricus van der Westhuizen, het na afloop van ‘n toesigbesoek gesê dit is ‘n merkwaardige prestasie in die huidige ekonomiese klimaat en toon dat opleiding van gehalte en wat van toepassing is van onskatbare waarde is wanneer dit by indiensneming kom.