Openbare voertuie moet brandblussers aan boord hê

Namibiese openbare vervoer-verskaffers moet brandblussers aan boord van hul busse of taxi’s hê. Dit is volgens wetgewing, alhoewel dit, net soos die aanskakel van voertuie se hoofligte op nasionale paaie, nie deur wetstoepassers afgedwing word nie. Op die oomblik word daar op Namibiese paaie gekyk of daar brandblussers in voertuie is, wat gepaard gaan saam met opvoedkundige inisiatiewe. JP Shomwele, die direkteur van die Imax Group 6 Fire Program, wat hierdie inisiatief dryf, sê aan Kosmos 94.1 Nuus brandblussers kan ‘n verskil tussen lewe en dood maak.