Openbare verhore na aborsie hervat in Augustus

Openbare verhore oor die kwessie van aborsie sal volgende maand deur die parlementêre staande komitee oor geslagsgeweld hervat. Die adjunkminister van gesondheid, Ester Muinjangue het die mosie in 2020 ter tafel gelê vir debat in die Nasionale Vergadering. In haar mening moet die kwessie bespreek word omdat meisies in elk geval aborsies laat doen, onder onveilige toestande. Aborsie in Namibië is alleenlik wettig vir mediese redes, bloedskande en verkragting. Die jongste statistiek van die Namibiese polisie toon dat daar 63 onwettige aborsies en 116 babastortings tussen 2019 en 2021 plaasgevind het.