Openbare ondernemings kry aandag – Jooste

Die openbare ondernemings in Namibië is 104 miljard Namibiese dollar werd. Dit is bekend gemaak deur die minister van openbare ondernemings Leon Jooste. Jooste het bygevoeg dat die regering ongeveer ‘n miljard dollar jaarliks, vir die afgelope ses jaar, verloor het. Hy voeg by dat die waarde van openbare ondernemings se bates enorm is maar dat hulle steeds staatmaak op reddingsboeie en subsidies van die regering. Volgens Jooste, is sy ministerie tans besig met die herstrukturering van die maatskappye om hulle meer volhoubaar te maak. Hy sê tans is NamPower en MTC die mees produktiewe staatsondernemings.