Openbare Beskermer spreek voormalige Noordwes-premier vry van enige oortreding

Die Suid-Afrikaanse Openbare Beskermer Busisiwe Mkhwebane het die voormalige premier van Noordwes, Supra Mahumapelo, vrygespreek van enige oortreding ten opsigte van sy betrokkenheid by die aflewering van Bonsmara-beeste aan oudpresident Jacob Zuma. Die voormalige EFF-sekretaris-generaal, Godrich Gardee, het die klagte in April 2018 gelê. Die klag volg na ‘n artikel in die Sunday Times dat ‘n trop beeste ter waarde van 1,5 miljoen rand vir opkomende boere, by Nkandla in KwaZulu-Natal afgelewer is, as ‘n geskenk van Mahumapelo aan Zuma. Mkhwebane sê Mahumapelo het nie die Uitvoerende Etiese Kode oortree nie.