Openbare Beskermer se finale hofaansoek afgekeur

Die Openbare Beskermer in die buurland, Busisiwe Mkhwebane, het geen regshulp oor om die parlement te verhoed om haar geskiktheid vir die amp te ondersoek ná gister se beslissing in die Konstitusionele Hof nie. Die land se hoogste hof het haar aansoek om sy vroeëre uitspraak wat die reëls wat die proses reguleer onderskryf te herroep, eenparig van die hand gewys. Die hof sê hy het besluit om nie haar aansoek te oorweeg nie want geen saak is vir herroeping gemaak nie. Die hof is ook van mening Mkhwebane se regspan het nie ‘n saak vir regstreekste toegang gemaak nie.