Aanbieders

Aanbieders

AANBIEDERS

Deon

BIOGRAFIE

Deon het van 'n jong ouderdom af daarvan gehou om familile en vriende te vermaak, en soos hy ouer geword het, het hy 'n belangstelling in die uitsaaiwese ontdek.

Deon het Namibië in November 2019 verlaat maar is 'n jaar later, na die koms van die Groot Gogga, terug in die snoesige arms van Kosmos.  As hy nie agter die mikrofoon sit nie, kan jy hom langs die pad vind besig om kuite te kweek. Tuis geniet hy goeie kitskoffie ("dit bestaan"), boeke en rolprente ("Don't judge a book by its movie"). Hy is gaande oor uiteet maar gril vir sigbare vet. Hy verkies honde bo katte want laagenoemde "voer iets in die mou".Hy het nog nie ge-bungee jump of ge-valskerm spring nie. Hy het ook geen behoefde om dit te doen nie. 

JP Nel

BIOGRAFIE

Gebore, groot gemaak en kaalvoet rondgehardloop en bome geklim in die platteland van Sentraal-Noord Namibië. Ek was nog altyd spreekwoordelik "avontuurlustig" vir die lewe, en wat dit bied, en hou daarvan om 'n uitdaging by die horings te pak". 

Om te reis is maar in my bloed, en ek het al meeste van Europa en Brittanje deur getoer. Klank is ook in die bloed, ek kuier graag by familie en vriende (solank ek by hulle kuier, en hulle nie by my nie, dis altyd meer pret om ander mense se huise om te krap). Motorfietse bly ook nog 'n groot passie vir my…en natuurlik radio. Ek bedien die radio wêreld al vanaf 1996, en sal werklikwaar geen ander werk wil doen nie.