Oosweer effe beter vandag aan die kus

Maandag se oosweer aan die kus was volgens inwoners van die ergste in twee dekades. Skade is aangerig en daar is talle foto’s op sosiale media van mure wat omgewaai het. Daar was windspoed van tot 80 kilometer per uur aangemeld. Dinge lyk heelwat beter vandag, soos Aubrey Oosthuizen van die Weskus Veiligheidsinisiatief verduidelik.