Oostromings eis 69 lewens in Iran

Minstens 69 mense is dood in oorstromings en grondstortings in Iran, het die land se krsisbestuur-organisasie gesê. ‘n Senior amptenaar, Nezhad Jahani, sê minstens 45 mense word ook in die Teheran-omgewing en 20 ander provinsies vermis ná die vloede waarin minstens 20 000 huise beskadig is. Onder die slagoffers is 22 toeriste wat onverhoeds betrap is deur vloedwater in die dorp Estahban in die suidelike provinsie Fars. Verskeie lughawens en hoofweë is tans gesluit.